October 2015

Vanjaar was ‘n jaar van eerstes vir Beauty Heaven, veral wat dit die moderne tegnologie betref. Ons het ‘n splinternuwe Facebook-bladsy geskep wat al raak-raak aan 500 ondersteuners. Ons het ‘n skitterblink webwerf wat meer inligting gee oor ons spannetjie, die behandelings en produkte wat die salon bied. Ons het ook ‘n pragtige nuwe handelsmerk! En nou ook ‘n nuusbrief.

Sonder die ondersteuning van ons lojale kliënte wat eintlik maar almal vriendinne word, sou Beauty Heaven nooit hierdie suksesvolle salon kon bly nie. Baie, baie dankie vir julle lojaliteit en ondersteuning.

Geniet ons heel eerste nuusbrief en laat gerus weet wat julle daarvan dink.

Read More